Home » Music » My Ouma Sêra

My Ouma Sêra

Written By Dogbox Records on Wednesday, Apr 22, 2009 | 03:13 PM

 
sarah Theron sing die lied geskryf deur Freddi Nest. Eenvoudige woorde wat tog raakvat. Ons almal het iewers 'n Ouma Sêra. Aan u gebring deur http://www.sariemarais.com Ons sê dit in Afrikaans ! My ouma Sêra Het n Morris gery En onder in die dorp langs n grondpad gebly Syt met hoendertjies geboer en eiers verkoop En koekies gebak en suurdeeg brood Ja my ouma Sêra het haar man gestaan Sonder my oupa want hyt doodgegaan Syt haar kindertjies getroos En self groot gemaak My ouma Sêra het n goue hart ja My ouma Sêra het n goeie hart My ouma Sêra het gryser geword Die strate is geteer hier in die onderdorp En die koolstoof is vervang met n wit Defy Maar daars darem nog n haantjie Wat ons wakker kraai My ouma Sêra se Morris is gedaan Is n hoenderhok hier agter in die kweperlaan Sal my kinders dalk eendag dieselfde kan leer Hoe om die lewe aan te pak Met sy goeie en sy seer Die lewe aan te pak Met sy goeie en sy seer My ouma Sêra het n Morris gery