Home » News & Politics » “Gebed red Moorreesburg-oupa”

“Gebed red Moorreesburg-oupa”

Written By eNCAeNUUS on Monday, Jul 27, 2020 | 02:37 PM

 
Kaapstad, 24 Julie – David Rayters van Moorreesburg het wonderbaarlik herstel, twee maande nadat hy met Covid-19 in die hospitaal opgeneem is. Hy sê die keerpunt het gekom nadat ’n vriend vir hom gebid het. Dokters is oorbluf nadat die 68-jarige oupa se suurstofvlak oornag gestyg het en hy die volgende oggend die gevoel in sy tone begin terugkry het.